Skip to content

Stal die Lingi-beer uit en verdien kommissie!

Hello! My naam is Bertha en ek is die skepper van en entrepreneur agter die suksesvolle superheld Lingi. Ek wil hande vat met agente wat ‘n belangstelling het in kinderopvoeding, taalontwikkeling, moedertaalonderrig, geskenke vir babas en kinders en verwante areas. Het jy ‘n winkel, kleuterskool, praktyk of ‘n plek waar jy Lingi kan uitstal?

Vul dan gerus onder die agenteaansoekvorm in en ek kontak jou!

Lees oor Lingi!

Hou jy van wat jy lees? Sal jy graag hande met ons wil vat om Lingi te bemark? Vul dan ons superheld agenteaansoekvorm hier onder in.

Inligting

  • Goedgekeurde agente koop nie Lingi voorraad aan nie. Agente koop slegs een Lingi met ‘n vertoonboks aan @ R1299 (normale prys vir kliënte is R1699 plus R99 aflewerings landswyd). Jy gebruik hierdie Lingi om vir voornemende kopers die Lingi te wys. Ouers, oumas, oupas, vriendinne, vriende en almal wat ‘n geskenk benodig wil gewoonlik die Lingi voel, sien en na hom luister en dan koop 99% van kliënte die Lingi!
  • Agente kies hul eie koeponkode, wat ons op die Lingi webblad registreer (byvoorbeeld bambi, doctor of enige naam wat jou winkel/praktyk/skool uitken)
  • Hierdie koeponkode word op die Lingiboks aangebring en op die Lingi hempie borduur. Jy kan jou unieke koeponkode wyd adverteer.
  • Jou kliënte gebruik jou koeponkode as hulle op ons webblad www.lingi.co.za, bestel. Jou koeponkode gee vir jou kliënt gratis aflewering van hul Lingi en jy ontvang 10% van die verkoopprys (R169).
  • Jy ontvang maandeliks ‘n verslag van hoeveel keer jou koeponkode gebruik is en uitbetalings is maandeliks (byvoorbeeld, R169 x 20 Lingies = R3380).
  • Jou klient kan via EFT, Payfast of PayJustNow op ons webblad betaal en hierdie betaalopsies is gerieflik om vir jou kliënt aan te bied. Jy hoef geen kontant in die winkel/praktyk/kleuterskool te neem nie.
  • Ons het net ‘n beperkte hoeveelheid agente per area.  Ek kontak jou persoonlik as jy die vorm ingevul het en bespreek die potensiaal vir jou area.

Agente aansoekvorm

As jy reeds voorheen op die Lingi webblad geregistreer het, of ‘n Lingi aangekoop het, stuur ‘n epos aan hello@lingi.co.za.

  • Naam/Name

  • Besonderhede/Information

  • Agente kies hul eie koeponkode, wat ons op die Lingi webblad registreer (byvoorbeeld bambi, doctor of enige naam wat jou winkel/praktyk/skool uitken)
  • Inteken opsies/Login details

Back To Top
afAfrikaans