Skip to content

Herverkoop ons nuwe opvoedkundige Lingi-beer!

Hello! My naam is Bertha en ek is die skepper van en entrepreneur agter die suksesvolle superheld Lingi. Ons stel ‘n nuwe produk bekend: die opvoedkundige Lingi. Hy praat en sing ook soos sy ouboet Lingi meer as 4000 woorde in elke taal. Ek wil graag hande vat met agente wat ‘n belangstelling het in kinderopvoeding, taalontwikkeling, moedertaalonderrig, geskenke vir babas en kinders en verwante areas. Het jy ‘n winkel, kleuterskool, praktyk of ‘n plek waar jy die opvoedkundige Lingi kan verkoop of het jy dalk ‘n aanlynwinkel?

Vul dan gerus onder die agenteaansoekvorm in en ek kontak jou!

Inligting

Goedgekeurde agente koop ‘n aanvangspakket @ R1000 aan, wat bestaan uit ‘n opvoedkundige Lingi en vertoonboks. Die opvoedkundige Lingi bestaan uit ‘n Lingi plus twee hempies (met borduurwerk van jou keuse) plus die klankboks, 3 AAA-Engergizer Max batterye en USB-kabel asook toegang tot ons webblad met al die klank wat beskikbaar is (slaapklanke, stories, liedjies, skoolgereedheid en maaltafels – in Afrikaans en Engels).  ‘n 70-blad volkleur gedrukte inligtingsboek is in die pakket ingesluit.

1x Opvoedkundige Lingibeer
(Agente koop in hoeveelhede van 6 aan)
Eenheidsprys R608 (BTW uitgesluit)
Koerierkoste:  GRATIS van Pudo boks na Pudo boks.
Ekstra klankboksies Eenheidsprys R153 (BTW uitgesluit)
Voorgestelde herverkoopprys vir Lingibere:  R899+
Voorgestelde herverkooprys vir klankboksie met gelaaide klank:  R225+

‘n Lingibeer wat jy as agent aankoop, om weer aan kliente te herverkoop, kom as ‘n volledige pakket.  Die pakket vir die kliënt bestaan uit:  ‘n Lingibeer plus twee hempies, klankboks met 7 liedjies reeds gelaai, USB-kabel, 3 AAA-Energizer Max batterye. Doelgemaakte zip-sakkie waarin die ekstra hempie en USB-kabel verpak is met instruksies via ‘n QR kode.  Spesiaal ontwerpte geskenkboksie, volkleur in glans gedruk.  Toegang tot al die klank (Afrikaans en Engels) en inligtingsboek via ons webblad.  Inligting oor die opvoedkundige Lingi via ons Youtube kanaal.  ‘n Perfekte geskenk!

Ons het net ‘n beperkte hoeveelheid agente per area.  Ek kontak jou persoonlik as jy die vorm ingevul het en bespreek die potensiaal vir jou area/die potensiaal vir jou aanlyn platvorm.

Herverkoper aansoekvorm

As jy reeds voorheen op die Lingi webblad geregistreer het, of ‘n Lingi aangekoop het, stuur ‘n epos aan hello@lingi.co.za.

  • Naam/Name

  • Besonderhede/Information

  • Inteken opsies/Login details

Back To Top
afAfrikaans