Hoe verander ek LINGI™ se taal?
STAP 1: Laai die LINGI™ program af (LET WEL: Die LINGI™ PROGRAM werk net op Windows en nie op iOS nie)
Kliek op die groen blokkie “LINGI™ Program” hier onder om die aflaai van die program te begin. Indien jou webblaaier vra of jy die program wil “Run” of “Save”. Kliek op “Run”.
STAP 2: Teken in
Sodra die program afgelaai is, sal jy met die volgende skerm gegroet word. Sleutel hierdie detail in:
Geen intekenbesonderhede word vanaf Desember 2023 meer verlang nie. Jy kan nou net voortgaan om die klank te selekteer en op Lingi te laai.

STAP 3: Koppel Lingi se USB-kabel aan jou rekenaar.
Rits die agterkant van die Lingi-beer oop om toegang tot die USB-kabel te verkry. Neem die aansluiting van die kabel en koppel dit aan jou rekenaar.

STAP 4: Kies ‘n toestel.
Kies ‘n toestel vanuit die keuselys (bv. D:\, E:\ of F:\). Indien die lys leeg is, kliek op die groen pyltjies om dit te verfris. Dit is “Stap 1” op die programmetjie.

STAP 5: Kliek op die blou blokkie “Translate a Lingi”
Kies die taal (tweede blokkie) – Afrikaans of Engels.
STAP 6: Dra oor (Transfer)
Kliek op die “Dra Oor/ Transfer” knoppie. Die proses om jou Lingi se taal te verander, begin.
