Vul dan gerus onder die aansoekvorm in en ek kontak jou!
Raak deel van ons span!
Om ‘n Lingi ambassadeur te wees, moet jy ‘n passie vir ons produkte hê en natuurlik weet hoe hulle lyk, voel en wat hulle alles kan praat en sing!
Ambassadeurs kan een voorbeeld Lingi van aankoop teen ‘n spesiale tarief:
- AMBASSADEURSPAK vir die Lingi mini-me (bruin hempie) @R699.
- Jy gebruik hierdie Lingis om vir voornemende kopers die Lingi te wys.
- Ouers, oumas, oupas, vriendinne, vriende en almal wat ‘n geskenk benodig wil gewoonlik die Lingi voel, sien en na hom luister en dan koop 99% van kliënte die Lingi!
Ja, ek stel belang! Hoe werk die proses?
- Voltooi die registrasievorm hier onder.
- Jy kies jou eie kodewoord wat jou besigheid gaan uitken (byvoorbeeld kleuterskool se naam, praktyknaam, jou winkel se naam, jou eie naam ens.). Hierdie woord word op die Lingi baadjie borduur. Hierdie is jou unieke kode wat kliente gebruik as hulle ‘n Lingi bestel. Jy kan hierdie kode op jou sosiale media ook adverteer.
- Sodra ons jou aansoek ontvang, aktiveer ons jou kodewoord. Ons laat weet jou sodra dit aktief is!
- Jy sal toegang tot jou eie paneelbord (“dashboard”) op die Lingi webblad hê waar jy jou verkope kan sien. Rekonsiliasie en uitbetaling word maandeliks gedoen.
Risikovrye verwysingsisteem!
Jy hoef geen voorraad aan te koop nie.
Jou kliënt kan via EFT, Payfast of PayJustNow op ons webblad betaal en hierdie betaalopsies is gerieflik om vir jou kliënt aan te bied.
Jy hoef geen kontant in jou winkel/praktyk/kleuterskool te neem nie.
Voltooi die registrasievorm en raak deel van ons span!