Skip to content

Versending en aflewering

Hoe lank neem aflewering?

Ons versend alle bestellings binne 5 werksdae vanaf bewys van betaling. Elke Lingi word spesiaal geprogrammeer en die hemp word borduur – daarom die bietjie wag! Neem dit asseblief in ag indien jy die Lingi as ‘n geskenk bestel. Indien jy met ‘n kredietkaart betaal ontvang ons bewys van betaling outomaties sodra jy die betaling gedoen het. Indien jy via elektroniese bankoorplasing of bankdeposito betaal sal ons die Lingi programmeer en die t-hemp begin borduur sodra die betaling in ons bankrekening vertoon.  Ons versend via Courier Guy en hulle neem dan ook tussen 2 – 5 werksdae vir aflewering, afhangend van waar jy woon.

Wat is ’n wag-bestelling?

’n Wag-bestelling beteken dat ons voorrade tydelik uitgeput is en die wagtydperk voor versending ongelukkig verleng. Gewoonlik is ons wagtydperk ongeveer 4 tot 6 weke, maar kan wissel. Dankie dat jy die uitdagings van ‘n klein besigheid verstaan!

Wat is die afleweringsbedrag?

Wisselende koers afhangend van die koerierdiens.

Indien my aflewering laat is?

Onvoorsiene omstandighede byvoorbeeld betogings, stakings, ongure weersomstandighede, paaie wat gesluit is en enige faktor wat met die Covid-19 pandemie verband hou, kan die afleweringstyd verleng. Let asseblief daarop dat indien onvoorsiene omstandighede die oorsaak is vir ‘n ‘laat aflewering’, hierdie nie ‘n geldige rede vir die kansellasie van die bestelling is nie. Indien jou bestelling nie teen die gespesifiseerde tyd afgelewer is nie, kontak ons gerus met jou bestellingsnommer, sodat ons met die koerierdiens kan opvolg.

Terugstuur van items en omruiling

Indien ek nie die produk wil hê nie?

Ongelukkig aanvaar ons nie terugstuur of omruiling van die produk nie, aangesien hierdie produk met jou persoonlike keuse(s) voorberei is.

Indien produk met aflewering beskadig is?

Indien die produk beskadig is of enige dele of bykomstighede vermis is ten tye van aflewering, stel ons asseblief binne 24 uur via epos by hello@lingi.co.za in kennis. Ons sal met jou skakel rakende die opsies beskikbaar. Indien die opsie is om die produk aan ons terug te stuur, sal ons die produk by ontvangs herstel / vervang, so spoedig moontlik (indien herstel wel moontlik is / indien ons voorraad vir vervanging het). Indien moontlik, neem asseblief ‘n foto van die beskadigde item en stuur dit vir ons via epos. Hierdie stel ons in staat om ons diens / diensverskaffers / verkpakking te verbeter.

Indien die produk ’n defek het?

Ons probeer ons bes om ‘n produk te lewer van hoogstaande kwaliteit en in die beste werkende kondisie, sonder enige defekte.

Wat is ’n defek?

‘n Defek is ‘n wensenlike probleem wat die produk minder aanvaarbaar maak as wat algemeen aanvaarbaar is. Neem asseblief kennis dat daar normale kleurvariasie mag wees wat verskil van die foto’s en afbeeldinge op die webbladsy of brosjure. Hierdie is nie ‘n defek nie.

Die volgende word nie as ‘n defek gesien nie en word nie aanvaar indien die produk teruggestuur word nie:

  • foute as gevolg van normale slytasie;
  • skade as gevolg van nalatigheid, misbruik of nie korrekte gebruik van die produk nie;
  • skade as gevolg van elektriese golwe en see- of lugkorrosie;
  • indien die spesifikasie van die produk, soos vooraf in die brosjure en webblad omskryf, en soos die produk ontwikkel is en die koper vooraf weet hoe die produk werk, die koper nie meer pas nie.

Indien ons twyfel oor die aard van die defek, kan ons die produk vir ‘n professionele opinie stuur om die oorsaak van die defek te bepaal. As voorbeeld kan ons die elektronika deur die elektroniese ingenieur laat nasien om te bepaal of daar nalatigheid was. Dit kan die tydsduur verleng om te bepaal of ‘n terugbetaling / omruiling nodig is al dan nie. Ons sal altyd ons bevindinge kommunikeer en jou op hoogte van die vordering hou.

Terugbetaling?

Indien jy ‘n defektiewe produk terugstuur, moet al die dele en bybehore wat saam met die produk verkoop is, saam gestuur word, anders mag ons (volgens die toepaslike wette), die ontvangs van die pakkie weier. Ons kan dan besluit om net die dele wat jy teruggestuur het te vervang en/of om die dele wat vermis is se waarde te bepaal en af te trek.

Let asseblief daarop dat ons net die betalingsmetode wat oorspronklik gebruik is, gebruik wanneer ons die terugbetaling doen – m.a.w. betaling deur ‘n spesifieke kredietkaart sal ‘n terugbetaling in dieselfde kredietkaart ontvang, betaling via elektroniese oorplasing sal ‘n terugbetaling in dieselfde bankrekening ontvang.

Betaling en rekeninginligting

Wat is my betalingsopsies?

Jy kan deur middel van die volgende metodes betaal:

  • Kredietkaart – betalings word veilig geprosesseer.
  • Bankoordrag– jy sal ‘n faktuur per e-pos ontvang wat ons bankbesonderhede en jou verwysingsnommer bevat. Jou bestelling sal versend word sodra die betaling op ons bankstaat reflekteer.
  • Kontantdeposito – daar is ‘n 3% bybetaling op die bedrag vir hierdie tipe betalingsopsie.
  • PayJustNow bied aan kliente drie gelyke rentevrye paaiemente en ons versend die item wanneer jy die eerste paaiement aan PayJustNow betaal het.
Back To Top
afAfrikaans