Veiligheid
- LINGI™ se materiaal is deur ‘n onafhanklike maatskappy getoets en die materiaal is nie-toksies.
- LINGI™ het geen klein dele waaraan kinders kan verstik nie.
- Die ritssluiter se handvatsel kan, om veiligheidsredes, self verwyder word – op eie risiko – sien gerus die brosjure wat saam met LINGI™ versend word.
- LINGI™ se klank is so ingestel om nie gehoorskade te veroorsaak nie. Die klank kan sagter gestel word deur die linkeroor se knoppie in te hou en die regtervoet ‘n paar keer te druk.
- Ons by Ethnic Works het alles in ons vermoë gedoen om ‘n veilige produk daar te stel. Lees asseblief die brosjure en instruksies wat saam met LINGI™ versend word en bêre dit op ‘n veilige plek.