LINGI bear
R1,899.00 inc VAT
🧸 EEN LINGIBEER. TWEE KLANKOPSIES
Dieselfde beer – jy kies net hoeveel klank reeds gelaai moet wees:
🧸 LINGIBEER – R1 899
Ons bekende Lingi-klank van die afgelope 6 jaar:
🇿🇦 4000+ Afrikaanse woorde en frases, liedjies ens reeds gelaai: Jaar 1–3 + 7 tradisionele stories. Luister na ‘n voorbeeld 🔊
🇿🇦 4000+ Engelse woorde en frases, liedjies ens reeds gelaai: Year 1–3 + 7 tradisionele stories
🧸 LINGIBEER PLUS – R2 899 TOTAAL
(Lingibeer R1 899 + 11 ekstra klanktemas vir R1 000)
Al die klank van LINGIBEER + PLUS 11 ekstra Afrikaanse klanktemas, reeds gelaai:
🎒 Skoolgereed • 🙏 Bybelliedjies – Luister🔊• 🔤 Liedjies • 📖 Bybelstories • 🚜 Trekkerstories – Luister🔊 • 🦒 Kameelperdstories • 🐶 Kolle-stories • 🎵 FAK-liedjies – Luister 🔊 • 🔢 Maaltafels • 🌙 Kalmeerklanke
Lingi en Lingi Plus is nie twee verskillende bere nie – dit is dieselfde beer met verskillende hoeveelhede klank. 👣 Hoe wissel jy tussen ouderdomme en klanktemas? Maklik! Druk net Lingi se twee voete gelyk in.
❤️ Wat maak Lingi spesiaal?
Lingi is ’n sagte, pratende beer met 8 ingeboude knoppies wat jy of jou kind self kan druk. Lingi praat en sing in Afrikaans én Engels, verminder skermtyd en groei saam met jou kind.
Gratis boekie:📘 Kyk hier wat Lingi en Lingi Plus alles kan sê en sing.
🧸 Ingesluit
2 Baadjies – roomwit + blou skoolgereedbaadjie
Ons borduur jou kind se naam gratis op die roomwit baadjie
3 × AA Energizer-batterye
Ingeboude USB-kabel
Volkleur Lingi-boekie
➕ Kan ek later opgradeer van Lingi na Lingi Plus (meer klank)?
Ja. ’n Latere opgradering na Lingi Plus kos ongeveer R1450, omdat Lingi na ons gestuur moet word vir die ekstra klank, arbeid en koerier. 💙 Spaar later se koste: Kies Lingi Plus sommer met jou bestelling vir R1000 ekstra.
Lingi en Lingi plus kan beide later met die Lingi-biblioteek skakel om nog ekstra klank te laai.
🧸❤️ Lingibeer het verskillende stemme. Hierdie verskillende stemme vir die stories en liedjies ontwikkel ouditiewe diskriminasie: ’n belangrike bousteen vir taal en luister. Kinders moet na verskillende stemme kan luister en aandag gee🎶👂. Die tradisionele stories en trekkerstories is deur Anrich Herbst opgeneem – Luister🔊. Die grootste deel van die klank, asook liedjies, rympies en Kolle-die-hondstories word opgevoer deur die Lingistem – Luister🔊 – en die Bybelstories deur Saskia Pocock – Luister🔊.
🚚 Aflewering: Weens die groot aantal voorafbestellings is die verwagte aflewering tans 7 – 10 werksdae.
🧸❤️ Ons sien daarna uit om jou Lingibeer vir jou te stuur!
Pre-order
Nog enige inligting
| Weight | 0.5 kg |
|---|---|
| Dimensions | 28 × 20 × 20 cm |
| Produk | LINGI™ Sagte speelding wat klank kan speel. |
| Ouderdomsgroep | 1 – 4+ jaar |
| Geheuekaartformaat | FAT |
| Oudioformaat | Mp3 |
| USB | USB 2.0 |
| Krag | 3 (drie) AA batterye (Energizer ingesluit). |
| Interne luidspreker | 1W |
| Afmetings | 30cm (L) x 21 cm (B) x 32 cm (H) |
| Gewig | 500 gram |
| Stopsel | 100% Poliëster |
| Materiaal | 100% Poliëster |
| Borduurwerk | Keuse om die naam van die kind agter op die LINGI™ hempie te laat borduur. |





