LINGI beer
R1,899.00 inc VAT
🧸 TANS UITVERKOOP. Ons nuwe Grootboet Lingibere sal vanaf einde September beskikbaar wees. 🎉.📱 Wil jy een voorafbestel? WhatsApp jou naam na 064 685 5310 om op ons voorafbestellys te kom. 🛒 Aanlynbestellings is nog nie oop nie. Ons laat weet jou sodra jy jou bestelling hier op die webwerf kan voltooi. ❤️ Dankie vir jou geduld en ondersteuning!
Lingi is ‘n sagte, pratende beer. Die beer het unieke elektronika met 8 knoppies wat die kind kan druk vir ure se luister- en speelpret. 🎁Lingibeer is die perfekte geskenk! Die beer is reeds 6 jaar in die mark en maak moedertaal- en tweedetaalstimulasie speel-speel maklik, skermtyd minder én word vertrou deur duisende tevrede kliënte. ❤️
🇿🇦Afrikaans én Engels op één Lingibeer – R1 899. Dit sluit in:
🧸 4000+ Afrikaanse woorde en frases: Jaar 1–3, plus 7 stories EN
🧸 4000+ Engelse woorde en frases: Year 1–3, plus 7 stories
🎵 Hierdie klankinhoud sluit onder andere in: liedjies en rympies, kleure, liggaamsdele, telwoorde, dieregeluide en 📖 7 tradisionele stories. 🌱 Lingi groei saam met jou kind! Vir die eerste drie jaar verander Lingi se klankinhoud soos jou kind groei. Daarna is daar nog lekker klanktemas om te ontdek byvoorbeeld dieretemastories, maaltafels en meer! 👣 Druk albei Lingi se voete om na die volgende ouderdom of klanktema te beweeg.
Met jou bestelling hier onder moet jy tussen twee opsies vir die Afrikaanse taalbondel op jou Grootboet Lingi kies:
óf Standaard Afrikaanse taal – R1899: Jaar 1–3 + 7 stories.
óf 🧸Lingi Plus taalbondel – R2899: Jaar 1-3 + 7 stories PLUS 11 ekstra klanktemas reeds gelaai vir R1000 ekstra. Ekstra 11 klanktemas is: (1) Skoolgereedklanke 🎒, (2) 7 Bybelliedjies 🙏, (3) 7 ABC / tandeborsel en ander liedjies🔤, (4) 7 Bybelstories🙏, (5) 7 Trekkerstories 🚜, (6) 7 Kameelperdstories 🦒, (7) 7 Kolle-die-hond stories 🐶, (8) FAK liedjies 🎵, (9) Maaltafels 1x-6x, (10) Maaltafels 7x-12x, (11) Kalmeerklanke (pienk, wit, bruingeraas, oseaanklanke en wiegeliedjies🌙). R2899 is minder as R3 per dag oor 3 jaar 💙 en die meeste van ons kliënte gebruik hul bere meer as 3 jaar.
Kan ek later na Lingi Plus opgradeer?
Ja! 🧸 ’n Latere opgradering kos ongeveer R1450 – dit sluit die 11 ekstra klanktemas (R1000), arbeid en koerier heen en terug in. Lingi moet hiervoor na ons fabriek kom om die ekstra klank te laai.
✅ Beste opsie: Kies Lingi Plus sommer met jou bestelling – dan laai ons al 11 ekstra klanktemas vooraf vir jou en spaar jy die latere koerier- en arbeidskoste!
Kan ek later NOG klank op Lingi en Lingi Plus laai?
JA! Albei kan met die Lingi biblioteek skakel. ALBEI SE VLAK 4 KAN ALTYD VERANDER. ALBEI HET ‘N INGEBOUDE USB KABEL.
📘 Kyk hier in Lingi se boekie en lees wat Lingi alles praat en sing asook LINGI PLUS vanaf bladsy 4.
Inligting
🧸 Baadjies: 1x Roomwit baadjie en 1x blou skoolgereedbaadjies ingesluit!
🧸 Gratis borduurwerk: Jou kind se naam word gratis op die roombaadjie geborduur (nie op ander baadjies nie).
🧸 Tweede baadjie ingesluit: Wissel die baadjie wanneer jy die taal wissel – so verwar die kleinding nie die tale nie.
🧸 3 × AA Energizer-batterye ingesluit.
🧸 Laai nog ekstra klank: Sluit aan by die Lingi-biblioteek as jy nog ekstra klank wil oplaai. 🧸 USB-kabel ingesluit. Werk met Chrome/Edge op Windows en Mac.
🧸 Volkleurbrosjure ingesluit met Lingi se woorde, frases, liedjies, rympies en instruksies. Stories is oudiostories en verskyn nie uitgetik in die brosjure nie.
📌 Koop jy Lingi as geskenk? Maak die pakkie met ontvangs oop, toets Lingi, verwyder die batterye en bêre tot die groot dag.
Nog enige inligting
| Weight | N/A |
|---|---|
| Dimensions | N/A |
| Produk | LINGI™ Sagte speelding wat klank kan speel. |
| Ouderdomsgroep | 1 – 4+ jaar |
| Geheuekaartformaat | FAT |
| Oudioformaat | Mp3 |
| USB | USB 2.0 |
| Krag | 3 (drie) AA batterye (Energizer ingesluit). |
| Interne luidspreker | 1W |
| Afmetings | 30cm (L) x 21 cm (B) x 32 cm (H) |
| Gewig | 500 gram |
| Stopsel | 100% Poliëster |
| Materiaal | 100% Poliëster |
| Borduurwerk | Keuse om die naam van die kind agter op die LINGI™ hempie te laat borduur. |





