Skip to content
Welkom by Lingi!

Hoe laai ek nog stories op?

 

 

Deur middel van die “LINGI™ program” laat ons jou toe om nuwe stories op jou beer te laai.

 (LET WEL: Die LINGI PROGRAM werk net op Windows en nie op iOS nie).

Voorvereistes

  • Koop ‘n LINGI™! Jy moet die LINGI™ se ingeboude USB-kabel aan ‘n rekenaar koppel om stories op hom te laai.

Nou kan jy voort gaan met die stappe hier onder.

STAP 1: Laai die Lingi program af (Die LINGI PROGRAM werk net op Windows en nie op iOS nie)

Kliek op die groen blokkie “LINGI™ Program” hier onder om die aflaai van die program te begin. Indien jou webblaaier vra of jy die program wil “Run” of “Save”. Kliek op “Run”.

STAP 2: Teken in

Sodra die program afgelaai is, sal jy met die volgende skerm gegroet word.

Geen intekenbesonderhede word vanaf Desember 2023 meer verlang nie.  Jy kan nou net voortgaan om die klank te selekteer en op Lingi te laai.

STAP 3: Koppel Lingi se USB-kabel aan jou rekenaar

Rits die agterkant van die Lingi-beer oop om toegang tot die USB-kabel te verkry. Neem die aansluiting van die kabel en koppel dit aan jou rekenaar.

STAP 4: Kies ‘n toestel

Kies ‘n toestel vanuit die keuselys (bv. D:\, E:\ of F:\). Indien die lys leeg is, kliek op die groen pyltjies om dit te verfris. Dit is “Stap 1” op die programmetjie.

STAP 5: Kies ‘n storiebondel

Kies ‘n storiebondel wat vanuit die keuselys. Indien die lys leeg is, kliek op die groen pyltjies om dit te verfris. Dit is “Stap 2” op die programmetjie.

STAP 6: Dra oor (Transfer)

Kliek op die “Dra Oor” knoppie. Die knoppie sal dan gedeaktiveer word. Die proses om jou bondel stories van ons webtuiste af te laai, word dan afgeskop. Elke klankgreep in die bondel word een-vir-een afgelaai.
Sodra die bondels afgelaai het, beweeg die program na die volgende stap waar dit die klankgrepe na jou beer oordra. Wanneer die oordragproses voltooi is sal ‘n suskesboodskap in groen vertoon word. Dit is nou veilig om die beer te ontkoppel.

STAP 7: Speel die nuutgelaaide stories

  • Ontkoppel Lingi se USB kabel.
  • Laai 3 batterye in Lingi se batteryboksie indien daar nie reeds batterye in is nie.
  • Druk sy linkeroor om hom aan te skakel.
  • Gaan na die “storievlak” (druk beide sy voete tot op die storievlak wat begin met die woorde: “Ons is superhelde en ons is lief vir stories….”).
  • Die nuwe storiebondel is nou op Lingi gelaai!
  • Lekker luister!

Wil jy nóg nuwe stories op Lingi laai?

  • Begin dan weer by Stap 1 om nuwe stories op te laai.
  • Jy laai dus ‘n “Storiebondel” van 7 stories op bv. “Tradisionele stories”.
  • Indien jou kind hierdie stories klaar geluister het kan jy ander stories laai byvoorbeeld die Bybelstories of plaastories.
  • Die nuwe bondel haal die ou bondel stories op die Lingi af.
  • Al die stories bly op die programmetjie.
  • Jy kan enige tyd die ander storiebondels weer oplaai.
  • Jy kan storiebondels op- en aflaai soveel keer soos jy wil.

Dit is so maklik!

Back To Top
afAfrikaans